Ontsnapte tronkvoël terug tjoekie toe om van koue te ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Die bittere koue vorteks wat verskeie lewens in die VSA geëis het, lewer ook interessante staaltjies op.

Die owerhede in Lexington het Dinsdag berig dat ‘n ontsnapte misdadiger in die deelstaat Kentucky so koud gekry het, dat hy hom by die polisie gaan aanmeld het om hom tog terug te neem tronk toe.
Maroela Media het vroeër berig oor ‘n twaalfjarige meisie van New Hampshire wie se tong 15 minute lank aan ‘n lamppaal vasgesit het nadat sy dit probeer lek het.
Herman Toerien

Meer oor die skrywer: Herman Toerien

Herman Toerien is ‘n veelsydige vryskutskrywer van Bloemfontein. Hy het ‘n Honneurs in Politieke Wetenskap, en kwalifikasies in Politieke Wetenskap, Staatsreg, Arbeidsreg en Ekonomie. Artikels en rubrieke uit sy pen het al in meer as 20 publikasies verskyn.

Deel van: Hoofnuus, Nuus, Wêreldnuus

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae