Vier mans is steeds op vrye voet nadat hulle in Oktober uit ‘n gevangenisvoertuig onderweg na die Johannesburgse landdroshof ontsnap het.
“Die polisie het die verdagtes van die gevangenis in Johannesburg na die landdroshof vervoer,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sê die mans het ‘n venster gebreek en naby die Westgate-spoorwegstasie uitgespring. Twee van die voortvlugtendes is oorspronklik van Mosambiek, een is van Zimbabwe en ‘n vierde van Suid-Afrika. Hul aanklagte strek van moord, roof en huisbraak.
Die polisie is op soek na die mans.
in Die goeie “ou dae” was daar tralies voor die vensters…Hierdie maak nie vir my sin nie ???
Maak baie sin my vriend. Geld praat.