Ontsnaptes nog op vrye voet

boeie 2Vier mans is steeds op vrye voet nadat hulle in Oktober uit ‘n gevangenisvoertuig onderweg na die Johannesburgse landdroshof ontsnap het.

“Die polisie het die verdagtes van die gevangenis in Johannesburg na die landdroshof vervoer,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy sê die mans het ‘n venster gebreek en naby die Westgate-spoorwegstasie uitgespring. Twee van die voortvlugtendes is oorspronklik van Mosambiek, een is van Zimbabwe en ‘n vierde van Suid-Afrika. Hul aanklagte strek van moord, roof en huisbraak.

Die polisie is op soek na die mans.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peter Se ·

in Die goeie “ou dae” was daar tralies voor die vensters…Hierdie maak nie vir my sin nie ???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.