‘Ontvoerde’ 19-jarige veilig opgespoor

Bianca Joubert

Bianca Joubert (19), wat sedert Vrydag vermis was, is Maandagaand veilig opgespoor.

Haar ma, Hannetjie Joubert, wou Dinsdagoggend nie veel inligting aan Maroela Media bekend maak nie, maar sê dat Bianca nou veilig is. “Ons het reeds ʼn klag van ontvoering ingedien,” het Hannetjie gesê. Sy is egter onseker waar Bianca opgespoor is. “Die speurders het haar gekry,” het sy gesê.

Bianca is Vrydag glo by die Midlands Mall-winkelsentrum in Pietermaritzburg ontvoer (klik hier om meer te lees).

Volgens André Snyman van eBlockwatch het Bianca glo egter vrywillig saam met die man gegaan en het die polisie glo gesê dat sy net “bietjie wou wegkom”. Volgens Snyman is Bianca in ʼn man van Pakistan se woonstel in Pietermaritzburg opgespoor.

Hannetjie het gesê Bianca sal nie saam met haar teruggaan na Tzaneen nie, maar sal sy in Pietermaritzburg agterbly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

louise ·

Verstaan die storie nou glad nie,is dit nie die selfde meisiekind wat volgens haar aanstaande skoonma deur n Taxi ontvoer is en aangerand is om haar in die taxi te kry nie?

Zannie ·

Klink vir my na ‘n tipiese deurmekaar, dwarstrekkerige jongmens wat nie omgee hoeveel bekommernis sy haar ouers en familie veroorsaak nie. Ek hoop sy kry haar kop skoon voordat
sy in soveel moeilikheid beland dat niemand haar kan help nie!

Marlene ·

Ek stem heelhartig saam met jou stelling.Ouderdom is net ‘n getal en mens kan eerlikwaar nie verwag dat kinders soos volwassenes sal dink al wil hulle die dinge van volwassenes doen en as volwassenes behandel word. Volwassenheid le in wysheid nie ouderdom nie.

Eddie ·

Almal sê sy het pakslae nodig? Dit lyk volgens haar Facebook profile of sy al ‘n tydjie lank in Pietermaritzburg woon? Ek dink die Ma moet dalk haar dogter los om haar eie besluite te neem.

petro ·

ek het ook gelees van die meisie watse skoonma haar gesien in die taxi ingelaai word .nee jong mense moet reg skryf nou sy 19 en toe ek gelees het was sy 22

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.