Ontvoerde baba gevind, oppasser steeds soek

Kgosientsile Marobe

Die babaseun wat glo Maandagoggend in Pretoria deur sy oppasser ontvoer is, is Dinsdagoggend by ʼn kleuterskool in Hillbrow in Johannesburg gevind.

Die organisasie Missing Children SA sê die ses maande oue Kgosientsile Marobe is veilig en ongedeerd. Volgens die organisasie is Marobe se oppasser steeds soek. Marobe se ma, Mita, het gister in trane vertel hoe sy die oggend in hul huis in Hesteapark, noord van Pretoria, wakker geword en gesien het haar seuntjie en die se oppasser, Linete Moyo, is weg. Sy het glo later ʼn SMS van die oppasser gekry wat toe ’n losprys van R45 000 geëis het. Moyo is glo van Zimbabwe. Die huissleutels, Marobe se handsak, selfoon en meer as R5 000 kontant word ook vermis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.