Ontvoerde baba moontlik teruggevind

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek die moontlikheid dat ʼn babaseuntjie wat Vrydag in ʼn straat in Port Elizabeth afgelaai is, dieselfde baba is wat verlede week van ʼn hospitaal in die provinsie ontvoer is.

ʼn Polisiewoordvoerder, ao. Dumile Gwavu, sê die baba is Vrydagmiddag in Tshewu straat, in New Brighton, afgelaai deur twee vroue in BMW X5 met die nommerplaat FFG 552 EC. “Die polisie wag op die uitslae van ʼn DNS-toets om vas te stel of dit die baba is wat gevat is, voor hy aan sy ma teruggegee kan word.” ʼn Vrou wat voorgegee het dat sy ʼn studente verpleegster is het die pasgebore baba Woensdag by die Dora Nzinga hospitaal ontvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.