Die liggaam van Tony Teixeira van Welkom, wat verlede Donderdag ontvoer is, is Woensdagoggend ontdek.
“Teixeira se liggaam is in ‘n ontbinde toestand in Saaiplaasweg deur ‘n sekuriteitswag van ‘n myn opgespoor,” het Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Hy is in die kop geskiet en sy bene en arms was vasgebind.”
Teixeira en sy verloofde, Ilona Combrink, is deur vier onbekende mans ontvoer wat hom verlede week Donderdagoggend van elektroniese ware, kontant en sy Soyat-bakkie beroof het. Die rowers het hom glo ontvoer as losprys vir die regte pinkodes vir die bankkaarte. Combrink is vasgebind en met ʼn kombers toegegooi. Sy kon loskom toe die rowers vlug en het hulp ontbied.
‘n Grootskaalse mensejag na Teixeira is van stapel gestuur, en ‘n beloning van R10 000 is uitgereik, maar dié soektog was tot dusver vrugteloos. Die vier verdagtes is steeds op vrye voet.
hoop hulle skiet di gemors dood.