Ontvoerde Kaapstad-man vermoor en van berg afgegooi

Erich Poll

Twee mans verskyn na verwagting vandeesweek weer in die hof in verband met die ontvoering en moord op Erich Poll (46) van Kaapstad.

Kol. Tembinkosi Kinana, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Woensdag aan Maroela Media gesê Poll is vir die laaste keer op 9 April om 15:00 gesien toe hy sy werksplek in Woodstock verlaat het. Hy sou na bewering ʼn vriend ontmoet het om sokker te kyk en het nooit vir die afspraak opgedaag nie.

“Die polisie het die saak ondersoek en bepaal dat hy ontvoer is. Na ʼn breedvoerige ondersoek is sy liggaam op 16 April gevind,” het Kinana gesê.

Volgens Kinana is Poll vermoor waarna die verdagtes sy liggaam sowat 5km buite Kaapstad van ‘n berg in die Du Toitskloofpas afgegooi het.

Die verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem en het op 17 April vir die eerste keer in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van ontvoering en moord. Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.