‘Ontvoerde’ man by braai in hegtenis geneem

ʼn Man van Port Elizabeth wat beweer het hy is ontvoer en toe later gevind is waar hy saam met vriende braai is in hegtenis geneem vir dwarsboming van die gereg en bedrog.

Beeld berig dat die man op Kersdag deur die polisie in hegtenis geneem is waar hy langs die Hartbeespoortdam saam met vriende gebraai het. Die man se vrou het glo ʼn oproep van die “ontvoerders” ontvang wat ʼn R5 miljoen losprys geëis het vir sy vrylating. Volgens die polisie wou die man glo die geld gebruik om hom uit ʼn geldelike penarie te kry. Die man is glo vroeër die maand Johannesburg toe vir sake toe hy tussen 12 en 13 Desember “verdwyn” het. Sy vrou het hom op 16 Desember as vermis aangemeld. Die man verskyn vandag in die hof op aanklag van dwarsboming van die gereg en bedrog van R5 miljoen.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.