Ontvoerde man word steeds vermis

Nazeer Mohammed

‘n Gebruiktemotorhandelaar wat vroeër die maand in Belgravia, Johannesburg ontvoer is, word steeds vermis.

“Nazeer Mohammed het op 7 Desember vermis geraak. Hy is laas gesien toe hy saam met twee mans by sy motoragentskap in Julesstraat, Belgravia, in ‘n motor geklim het. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die man is nog nie opgespoor nie,” het Pinky Tsinyane, woordvoerder van die polisie, gesê.

Mohammed is die volgende dag gesien toe hy saam met drie ander mans in ‘n voertuig gery het. Sy gesin het die volgende dag ‘n telefoonoproep ontvang oor ‘n losprys, maar die besonderhede was nie duidelik nie. Enigiemand met inligting word versoek om met lt.kol Punt by 082 319 9844 in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.