Ontvoerde Oudshoorn-baba opgespoor; 15-jarige vas

ʼn 15-jarige meisie is Dinsdag in hegtenis geneem nadat sy glo ʼn drie weke oue baba in Oudtshoorn, Wes-Kaap, ontvoer het.

Maroela Media het Maandag berig die baba het verlede week Donderdag vermis geraak voor die dorp se Spar terwyl sy in ʼn tienermeisie se sorg was. Die ma het die vreemde meisie gevra om toesig te hou oor haar baba asook haar 14-jarige susterskind, ʼn seun, terwyl sy by ʼn bank wou geld trek. Met haar terugkeer was die vreemde meisie weg met die baba. Volgens die seun het die vreemde meisie hom gestuur om ʼn geheuestokkie van R10 te gaan koop terwyl die ma in die bank was.

Kaptein Malcolm Pojie, ʼn woordvoerder van die polisie, sê die baba en die tienermeisie is Dinsdag in Ladysmith opgespoor nadat die polisie ʼn wenk van die publiek opgevolg het.

“Die meisie is in hegtenis geneem en moet Woensdag in die Oudtshoorn-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van ontvoering. Die babatjie is ongedeerd en gaan tydelik in ʼn plek van veiligheid opgeneem word terwyl die departement van welsyn die voorval ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.