Ontvoerde tweejarige opgespoor

Emmanuel Khoza Foto verskaf aan SAPA

Emmanuel Khoza Foto verskaf aan SAPA

ʼn Tweejarige seuntjie van Durban, wat ontvoer is toe sy pa se bakkie gekaap is, is by ʼn manskoshuis in KwaMashu in KwaZulu-Natal opgespoor.

“Alhoewel ons redelik seker is dat dit Emmanuel Khoza is, moet sy ouers nog eers ʼn formele uitkenning doen voordat ons die soektog kan aflas,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Die seuntjie is deur ʼn lid van die publiek opgespoor en na die polisiestasie gebring. “Speurders is nou by die seuntjie en gee hom iets om te eet voordat hy na sy ouers geneem sal word,” het Naicker gesê.

Khoza se pa het Donderdagaand saam met sy vrou, pasgebore baba en die tweejarige Emmanuel in hul bakkie deur Cato Manor in Durban gery toe hy afgetrek het om ʼn vriend te groet.

Drie mans het oomblikke later in die bakkie gespring en met sy vrou en die twee kinders weggejaag. Emmanuel se ma kon met die baba uitspring, maar die kapers het met hom weggery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.