‘Ontvoerder’ vas toe sy losprys wou onttrek

Argieffoto

‘n Vrou is Woensdag in Burgersfort in Limpopo in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van ‘n 10-jarige seun.

“Die seun is Dinsdagmiddag omstreeks 16:00 naby sy huis in Vergelegen ontvoer deur ‘n man wat padaanwysings wou gehad het,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. “’n Paar uur nadat die seun ontvoer is, het die ouers ‘n teksboodskap ontvang waarin ‘n losprys van R10 000 vir die seun geëis is.”

Die seun se ouers het die polisie in kennis gestel en ‘n reëling is getref dat die geld in die bankrekening, wat deur die ontvoerder verskaf is, inbetaal word. “Die polisie het die vrou by ‘n kitsbank in Burgersfort aangekeer toe sy geld uit die rekening wou onttrek.”

Die seun is ongedeerd naby die kitsbank aangetref en die polisie is op soek na ‘n tweede verdagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ivor ·

Choose a small little village for a transaction where the police are more than the inhabitants…

JAVR ·

Hulle kyk hopeloos te veel televisie, die dat hulle redeneer hulle kan hier ook so maklik daarmee wegkom. Onnosel!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.