Ontvoerders vasgetrek toe hulle pizza bestel

Die polisie in Italië het Maandag ontvoerders, wat ‘n sakeman al twee weke lank gyselaar hou, vasgetrek nadat hulle ‘n pizza bestel het.

Andrea Calevo (31), wie se familie ‘n konstruksiemaatskappy in die noordwestelike provinsie, La Spezia, besit, is op 16 Desember deur drie gemaskerde mans van sy huis ontvoer. Calevo was glo vasgeketting onder in ‘n kelder in ‘n nabygeleë dorpie. Die ontvoerders het ‘n losprys van €10 miljoen (ongeveer R110 000 000) geëis. Volgens die speurders was dié bedrag nog nie oorbetaal nie.

Die polisie het ‘n verdagte telefoonlyn gemonitor en kon uiteindelik die skuilplek bepaal toe die ontvoerders pizza bestel het om afgelewer te word, berig Corriere della Sera.
Drie mans, insluitend een van Calevo se kollegas en ‘n Albanese arbeider, is tydens die klopjag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.