Ontvoerdes in Jemen wel van SA

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het bevestig dat die twee mense wat Maandag deur gewapende mans in Taiz, Jemen ontvoer is wel Suid-Afrikaners is.

Clayson Monyela, woordvoerder van die departement, sê die twee Suid-Afrikaners was glo betrokke by die ontwikkeling van die hotel waar hulle ontvoer is. “Die besonderhede is vaag maar hulle ontvoering hou glo verband met ʼn dispuut oor die hotel se ontwikkeling tussen die eienaar van die hotel en ander mense. Dit is wat aan ons gesê is.” Monyela sê Suid-Afrika se ambassadeur vertrek vandag na dié land om met plaaslike owerhede te onderhandel.

Maroela Media het gister berig dat die polisie glo ʼn oproep gekry het van ʼn parlementslid, Abdel-Hamid el-Batra, se assistente wat beweer het El-Batra sit agter die ontvoering. El-Batra het glo die ontvoering buite die Taiz Plaza Hotel gereël weens ʼn geskil met die regering oor ʼn stuk grond. El-Batra het glo onderneem om die twee Suid-Afrikaners vry te laat in ruil vir die grond. El-Batra is ʼn lid van die land se regerende party en is reeds die afgelope 10 jaar ʼn parlementslid.

Lees ook:
SA-diplomate na Jemen oor ontvoerde paartjie
Gerugte van ontvoerde SA’ners in Jemen ondersoek
Twee van SA glo in Jemen ontvoer

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.