‘Ontwikkel swart opkomende boere se vaardighede’, sê ANC

Gwede Mantashe, die sekretaris-generaal van die ANC, het Woensdag gesê dit is belangrik dat swart opkomende boere vaardighede ontwikkel om op kommersiële vlak te produseer. Só kan hulle bydra tot voedselsekerheid in die land.

Hy het Woensdag ‘n ANC-afvaardiging in Johannesburg gelei wat met swart en wit boere samesprekings gevoer het. Grondhervorming en transformasie in die landbou-sektor was hoog op die agenda. Roelf Meyer, wat die leier van die wit boere se afvaardiging is, het gesê dit is belangrik dat wit boere ook swart opkomende boere oplei.

RSG

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.