“Onvanpaste” skoolname moet verander

Hoërskool Mathangetshitshi, wat “dye van ‘n maagd” in isiZulu beteken

Senzo Mchunu, LUR vir onderwys in KwaZulu-Natal, wil 15 skole se name wat as “onvanpas” en “demotiverend” beskou word, verander.

Mchunu het sy departement aangesê om met alternatiewe name vorendag te kom vir die skole. Een van die skole, in KwaZulu-Natal, is Mathangetshitshi, wat in isiZulu “dye van ‘n maagd” beteken. Dié skool is vernoem na hoof Nhleko, wie se dye glo deur plaaslike inwoners bewonder is.

Ander skole wat aangegee is, is Laerskool Bambinkuzu (sakkeroller), Laerskool Phuza (alkohol verbruik), Hoërskool Nkawu (apie) en Laerskool Tilongo (gevangenis). “Ons sal met die inwoners onderhandel om met alternatiewe name vorendag te kom wat in die belang van opvoeding is,” het Mchunu gesê.

Inwoners naby Hoërskool Mathangetshitshi in KwaMgilija, noord van Durban, het gesê hulle is ontsteld oor die naamsveranderinge. Prins Mbonisi Zulu, woordvoerder vir koning Goodwill Zwelithini, het gesê die departement sal na verwagting die koninklike gesin nader oor die naamsveranderinge. “Ons sal nie gelukkig wees as ‘n deel van Zoeloe-geskiedenis uitgevee word sonder dat die koninklike gesin in kennis gestel is nie,” het hy gesê.

Muziwenhlanhla Buthelezi, die skool se adjunkhoof, het gesê niemand neem aanstoot deur die naam nie. “Om die waarheid te sê, ons is trots daarop en die geskiedenis daarvan. Dit is uniek en ons voel nie dit is onvanpas nie,” het Buthelezi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

en presies wat het hierdie nuus nou met my as Boer/Afrikaner te doen?

Miss Knysna. ·

En van die dae is dit die Afrikaans skole wat se name gaan verander word. Mark My Words!!

Joe ·

Ek stem saam Johan. Solank dit nie die Afrikaaner raak nie kan hulle doen wat hulle wil.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.