ʼn Onveranderde Cheetahs-span sal die Haaie pak tydens Saterdag se Curriebeker-kragmeting.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, gaan al 22 spelers wat verlede Saterdag teen die Blou Bulle gespeel het na die Haaitenk stuur om teen die onoorwonne Haaie te speel. Die wedstryd begin 17:00. Cheetahs span: 15 Hennie Daniller, 14 Riaan Smit, 13 Corné Uys, 12 Andries Strauss (kaptein, 11 Rayno Benjamin, 10 Sias Ebersohn, 9 Tewis de Bruyn, 8 Boom Prinsloo, 7 Pieter Labuschagné, 6 Johan Wessels, 5 Waltie Vermeulen, 4 Francois Uys, 3 WP Nel, 2 PW van Vuuren, 1 Marcel van der Merwe. Plaasvervangers: 16 Michael van Vuuren, 17 Trevor Nyakane, 18 Izak van der Westhuizen, 19 Pieter Myburgh, 20 Piet van Zyl, 21 Philip Snyman, 22 Philip Burger.