Op ‘n webwerf word Metairie, ‘n voorstad van New Orleans in Louisiana se lof as wonderlike plek om in te woon, besing.
Só wonderlik blyk dit, dat honderde vlermuise besluit het om vir hulle ‘n woonstel daar te bekom. Die wettige inwoner van die woonstel, Kiara Keasy, was egter nie beïndruk nie, en het ander blyplek gekry. Volgens wet mag die vlermuise nie doodgemaak word nie, en moet pesbeheer nou die gevleuelde dierasies vang en buite die dorp gaan vrylaat.
Die eienaar van die woonstelkompleks sê alles moontlik word nou gedoen om te keer dat die vlermuise weer hul intrek neem.
Bron: Yahoo News