Onwettige betogings in Kaapstad

Foto: Cape Town Freeway / Twitter

Foto: Cape Town Freeway / Twitter

Die polisie van Kaapstad is Donderdag op volle gereedheid geplaas weens ʼn onwettige betoging in Kaapstad se middestad.

EWN berig aktiviste het daarop aangedring om na die middestad op te ruk, al is toestemming vir die betoging aanvanklik deur die stad geweier. Die groep betoog vir behoorlike behuising en sanitasie in arm gebiede. Die groep het reeds van 11:00 af na die middestad opgeruk. Die polisie het aanvanklik die skare met ʼn waterkanon verdryf, maar hulle het weer bymekaar gekom.

Walestraat in die middestad en die Wes-Kaapse Provinsiale Wetgewer, waarheen die groep op pad is, is afgesper. Daar is ʼn groot polisieteenwoordigheid by die gebou. Verskeie polisievoertuie patrolleer die gebied.

Volgens ooggetuies het die groep glo ʼn veld aan die brand gesteek. Daar is ook berigte dat motorruite met klippe uitgegooi is en moontlik voertuie ook aan die brand gesteek is.

Die polisie het straatverkopers aangeraai om die gebied te verlaat, aangesien hulle bekommerd is dat plunderaars moles kan maak. Paniekbevange verkopers by St.George ‘s Mall het reeds hul goedere op gepak, maar ander straatverkopers het gesê hulle is bereid om die kans te waag om geplunder te word. Motoriste word gewaarsku om die middestad te vermy.

Chaos het in Oktober verlede jaar in die middestad uitgebreek toe ʼn betoging oor behuising handuit geruk het. Betogers het die gebied geplunder en eiendom geëis.

Bron: EWN / Foto’s: Twitter

naby civic centre kaapstad wetgewing middestad afgesper Siyabonga Sesant ewn joernalis twitter capetown_chick capetownchick twitter

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

PURE BOER ·

En so sal dit net erger raak. Die dae raak al korter vir die ewige hel op aarde. God kom haal sy kinders een van die dae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.