Onwettige jagters beboet

hofhamertjieElf mans is Maandag in die Makhado-landdroshof beboet nadat hulle onwettig op ʼn plaas in Limpopo gejag het.

Ike Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê die 11 mans het elk ʼn boete van tussen R1 500 en R4 500 ontvang afhangend van watter diere hulle gejag het. Die 11 mans is daarvan aangekla dat hulle onwettig op die plaas Den Staat naby Musina gejag het. Die plaas is deel van die Mapungubwe-wêrelderfenisterrein en word deur die staat besit. Een van die onwettige jagters sal weer op 7 Maart saam met ʼn SANParke-werknemer, Michael Sematla, in die hof verskyn. Sematla het glo onwettige jagaktiwiteite op die plaas gereël.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.