Onwettige myners sterf naby Brakpan

Argieffoto

Vier onwettige mynwerkers is dood en 11 beseer tydens ʼn skermutseling by ʼn mynskag in Brakpan-Noord.

Rogers Mamaila, ʼn woordvoerder van die Ekurhuleni-nooddienste, het Maandag gesê twee groepe onwettige mynwerkers het ondergronds op mekaar begin skiet.

“Ons het sover 11 mense met verskeie beserings gered. Van die werkers is vir skietwonde behandel en sommige slagoffers se ledemate sal geamputeer moet word,” het Mamaila gesê.

Volgens Mamaila is nooddienswerkers nog op die toneel en is daar ʼn moontlikheid dat die dodetal kan styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.