Onwettige vuurwapens vernietig

Duisende onwettige vuurwapens is Woensdag in Isipingo in KwaZulu-Natal vernietig.

Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie, sê ʼn totaal van 17 746 vuurwapens insluitend pistole, rewolwers, gewere, AK 47’s, haelgewere en tuisgemaakte vuurwapens is vernietig. Nathi Mthethwa, minister van polisie, Makhotso Sotyu, sy adjunk, en Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het die geleentheid bygewoon. Mdunge sê meeste van die vernietigde wapens is gebruik om ernstige en gewelddadige misdade te pleeg. “Vyftien vuurwapens is gedurende die amnestie-veldtog ingehandig, 474 is vrywillig oorhandig en 17 257 is deur die polisie op beslag gelê gedurende spesiale operasies.” Mdunge sê meeste van die vuurwapens is weens nalatigheid deur gelisensieerde vuurwapeneienaars verloor, van gelisensieerde vuurwapeneienaars beroof en van polisielede en veiligheidspersoneel beroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willy ·

Daar is so baie onwettige wapens dat ek twyfel of hierdie vernietiging enige verskil sal maak aan die misdaad.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.