Twee mans, albei in hul dertigs, is Sondag in hegtenis geneem nadat ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in hul besit gevind is.
Kol. Vincent Mdunge, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Maandag gesê die polisie het op inligting reageer en die mans in die Esigubudu-omgewing in hegtenis geneem.
“Die polisie het beslag gelê op ʼn AK47-aanvalsgeweer, twee .303-gewere, ʼn haelgeweer, ʼn 9mm-pistool en ammunisie,” het Mdunge gesê.
Mdunge het gesê die twee verdagtes word moontlik verbind met die moord op ʼn 36-jarige man wat Sondagoggend verskeie kere buite sy huis geskiet is.
“Die motief vir sy dood is in die stadium nog nie bekend nie en ʼn saak van moord word deur die Nongoma-polisiestasie ondersoek.”
Die polisie probeer nog vasstel of die mans verbind kan word met sake van gewapende roof en nog ʼn moord in die Nongoma-omgewing.
Die mans moet binnekort in die Nongoma-landdroshof verskyn.
Hopenlik kan die gemors ook uit die samelewing verwyder word
AK 47 ???????? Derde mag bedrywighede. VOLKSMOORD niks meer en nik minder nie. Hierdie tipe moord gaan toeneem met die nuut gestigte terroristiese organisasie van malema.