Ooggetuies gesoek ná tiener in tref-en-trap sterf

Brandon Geldenhuis

Brandon Geldenhuis

Brandon Geldenhuis (15) van Pretoria-Noord, se ouers en die polisie versoek getuies om na vore te kom nadat ʼn vrou hom op 3 Augustus glo op sy motorfiets raakgery maar van die toneel weggejaag het.

LookLocal Pretoria-Noord het Woensdag berig Brandon, wat ‘n leerling aan Hoërskool Gerrit Maritz was, is op 3 Augustus omstreeks 18:10 in President Steynstraat raakgery toe ‘n vrou na bewering uit Deetlefsstraat gedraai het en hom reg van voor getref het. Hy het ernstige beserings opgedoen en is vir vier weke lank in die intensiewesorgeenheid van die George Makuru-hospitaal in Garankuwa behandel, waar hy op 30 Augustus aan sy beserings beswyk het.

Volgens LookLocal het die vrou glo ‘n wit voertuig bestuur en ooggetuies is nie seker of dit ‘n wit 1400 bakkie of ‘n Audi was nie. Hul het ook nie haar voertuig se registrasienommer neergeskryf nie.

Brandon word Donderdag om 13:00 vanuit die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Eufeesstraat begrawe. Mense met meer inligting oor die ongeluk kan die polisie by 10111 bel.

Bron: LookLocal Pretoria-Noord

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Trippie ·

Nee !!!!!! Hoe leef jy met jou gewete saam om ‘n kind / enige persoon raak te ry, en bloot weg te ry / jaag !

Soveel verdriet en hartseer wat voorlê vir die ouers. Ouers begrawe nie kinders nie, maar wel andersom.

Ek hoop en bid regtig dat daar iemand is wat na vore sal kom met inligting wat tot die inhegtenisname van die skuldige sal lei.

Strawberry ·

Hoop sy word gevang, ek stem hoe kan sy met haar gewete saamleef? Dalk het sy ook nie n lisensie nie. Maar al wat ek weet is sy moet boet vir dit wat sy gedoen het. My innige simpatie met die ouers, dink dis die ergste wat met n ouer kan gebeur om sy kind aan die dood af te staan. Hoop regtig iemand kom na vore wat meer inligting het. Anders moet sy onthou die Here slaap nie. Sy mag dalk nou daarmee weg kom maar nie by ons Vader nie.

vuurvreter ·

Trippie sys laer as slang bollie. Ek wens hulle kry haar en laat sy Kroonstad tronk toe gaan. Ek hoor die vrouens daar soek nou nuwe vleis.

Justi ·

Die HEKS! Die gemene tewererie! Mag sy haar dag kry!! Ek kry die ouers so jammer. Hoe verwerk mens dit? Ai my hart gaan uit na hulle.

Natalie ·

As a friend of those affected, his parents, brother, his girlfriend and her family…I truly hope they find her. She must be running scared but I don’t know how she can live with the guilt. Come forward, the family needs to have closure there before they can start to heal as they bury Brandon tomorrow.

Trippie ·

Natalie, ook vir jou, en ek aanvaar jy woon die diens by – baie sterkte en dra asseblief ons innige simpatie en medelye oor aan die bedroefde ouers, familie en vriende.

vuurvreter ·

Natalie, se vir sy ouers ons dink aan hulle. Mag hulle haar vang en laat sy tronk toe gaan vir die res van haar lewe. Kom ons bid dat sy gekry word. Sterkte Natalie

Boere-meisie ♡ ·

Baie bitter hartseer die berig. Innige simpatie en liefde aan almal wat na aan die kind was.

Ek hoop regtig die teef word gevang. Wit of swart: betaal moet sy betaal !!!!

♡ RIP Brandon ♡

Natalie ·

This needs to go viral guys! PLEASE share on any and all networking sites/avenues you may have. PLEASE?

Riette ·

Dit is baie hartseer maar wat doen n 15 jarige op n motorfiets???

Muskiet ·

Ai tog. Voel baie jammer vir die ouers. Iets wat my opval is dat mens nie die verskil tussen n bakkie en kar ken nie. Ek dink (daardie) getuies moet eerder tuis nonsens praat. Daar is n hengse verskil tussen die twee. My innige megevoel aan die ouers

Sharn Hugo ·

My innigste simpatie aan die ouers wat deur so n groot tragedie getref is en deur moet werk. Mag die vrou wat so sommer net weg gejaag het besef dat dit gaan terug na haar toe kom in donder storms. Sy moet bid dat so iets haar nie tref nie. Hoe leef mens met jouself dat jy weet jy was die oorsaak gewees van iemand anders se dood en dit van n kosbare kind. Mag die Here die familie seen en lei deur die baie moeilike tydperk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.