Ooievaar bring talle Nuwejaarsbabas

Terwyl baie mense die nuwe jaar feestelik ingelui het, het talle Nuwejaarsbabas hul eerste lewenslig aanskou in hospitale regoor die land.

In Gauteng het minstens 57 babas hul opwagting gemaak in die eerste paar uur van die nuwe jaar. Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg het die meeste babas verwelkom met nege dogtertjies en ses seuntjies wat hier gebore is. Die Oos-Kaap spog met 81 Nuwejaarsbabas insluitend ʼn tweeling meisies wat in die Nelson Madela Akademiese-hospitaal gebore is. In Limpopo is daar 95 Nuwejaarsbabas verwelkom. Die getalle is egter nog voorlopig en die finale getalle sal later deur die departement van gesondheid bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.