Oom in hof vir baba se verkragting

Argieffoto

‘n 43-jarige man wat glo sy 10 maandeoue susterskind verkrag het, het Vrydag in die landdroshof in Orkney verskyn.

Die man sal Maandag weer in die hof verskyn om sy borgaansoek in te dien. Hy sal in aanhouding bly, het kol. Emelda Setlhako, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. Die man is verlede week Woensdag in hegtenis geneem nadat hy glo die baba verkrag het. Hy en die baba het glo gaan stap toe ‘n niggie na die kind moes omsien.

Toe die niggie die kind se doek wou ruil, het sy merke op haar geslagsdele gesien en vermoed dit is ‘n luieruitslag. Die kind se ma het die aand, terwyl sy haar gebad het, die merke raakgesien en haar na ‘n kliniek geneem. Die verkragting is by die kliniek bevestig.

Die saak is by die polisie aangemeld en die kind se oom is in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.