Oom sê familie sal Oscar ondersteun

Oscar Pistorius tydens sy hofverskyning op 4 Junie 2013 Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius tydens sy hofverskyning op 4 Junie 2013 Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius se familie sal hom regdeur sy verhoor ondersteun, het sy oom, Arnold Pistorius, Saterdag gesê.

“Ons is lief vir Oscar, en glo in hom, en sal hom regdeur die verhoor ondersteun,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Hy sê die familie en die regspan sal nie toelaat dat hul aandag afgetrek word deur kwessies wat nie verband hou met die regsprosesse nie. “Ons sal nie kommentaar lewer op mediaberigte of gesprekke voer met die media oor enige sake wat in die hof aangehoor moet word nie,” het hy gesê. “Die tyd vir publieke kommentaar is nou verstreke. Die fokus is nou op ʼn baie ernstige verhoor wat Maandag begin.”

Oscar word daarvan beskuldig dat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 vermoor het. Sy verhoor begin Maandag in die Pretoriase hooggeregshof en sal na verwagting tot 20 Maart duur. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

louise ·

Ek gooi my steun agter Oscar. Moordenaars kom opelik weg met moord.

Slim Daan ·

Louise,
Waarom eerder nie ongetoetste vooroordele vir jouself hou en n tikkie objektiwiteit aan die dag le nie ? Laat die getuienis vir hulself spreek. Tot dan….- ZIP dit. Lukrake stellings soos die dra net by tot die ” hype “.

Danielle ·

Laat die regsproses begin, reg en geregtigheid geskied, en tog weet ek, die regstelsel het al baie mense gefaal.

Annatjie ·

Hierdie saak gaan nou weer uitverband geruk word. Dat hy haar met opset geskiet glo ek nie. Dis nou net omdat hy ‘n sportster is dat almal nou weer oploop gaan met die saak. Dis omtrent soos ‘n weghol vuur, die vlamme word net feller.

Slim Daan ·

Anna.
As ons uitgaan met die veronderstelling jy’s n moeder, en jou twintigjarige dogter het n kys aan met die uwe heer – vertel my jy sal saans soos die onskuld van n 2-jarige sorg- en kommerloos die nag deur sien ?
Wees tog nou die ydel alvorens jy antw. nie.

martie ·

Al getuig wie ookal , net God en Oscar weet wat is die waarheid.

Nettie ·

Dis waar, net GOD kan besluit en net HY en Oscar weet wat gebeur het .

NETTIE ·

WIE GEE ONS DIE REG OM TE OORDEEL. NET GOD EN OSCAR WEET WAT DAARDIE AAND GEBEUR HET. ALMAL DRA GEHEIME OP DIE MOU EN GERAAMTES IN DIE KAS, SO MOET NIE ALTYD VOOR IN DIE RY STAAN OM ANDER TE OORDEEL NIE.

sarie ·

Ek voel jammer vir hom,as hy dit gedoen het,dan moet hy die prys betaal,maar hy het nie nog GOLD DIKKERS EN ‘N SEPIE nodig in sy lewe nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.