Oom verkrag glo 10 maandeoue baba

ʼn 43-jarige man van Noordwes het Donderdag in die landdroshof in Orkney verskyn nadat hy Dinsdag glo ʼn 10 maandeoue baba verkrag het.

Volgens Kaptein Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het die voorval in Kanana naby Orkney plaasgevind. Die dogtertjie se ma het gaan werk en die kind in die sorg van ʼn niggie gelos. “Volgens die niggie het haar oom, wat ook by die familie bly, die baba gevat en saam met haar gaan stap. Die niggie het geen onraad vermoed nie. Toe die oom sowat ʼn uur later met die baba terugkeer, het die baba histeries gehuil. Die oom kon nie verduidelik hoekom die babatjie só huil nie,” het Makau gesê.

Die niggie het die kind se doek omgeruil en merke op die baba se privaatdele gesien, maar gedink dit is doekuitslag. “Die kind se ma het ook die merke gesien toe sy later die babatjie gebad het. Die baba wou glo nie ophou huil nie. Die ma het die kind na ʼn kliniek geneem waar daar bevind is dat sy verkrag is,” het Makau verduidelik.

Die verdagte het glo ʼn geskiedenis van verkragting. Hy het na bewering vroeër probeer om ʼn familielid te verkrag, maar die saak is nooit by die polisie aangemeld nie. Die saak is tot 18 Januarie uitgestel. Die man gaan tot dan in polisie-aanhouding bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Trudie ·

So vuilgoed, skiet daai ding wat hom pla met n haelgeweer af!!

Cas ·

Absoluut walglik, RSA konstitusie moet verander word en “Reg tot Lewe” moet voorwaardelik geld – in ‘n geval soos die moet die doodstraf opgelê word. Daai vuilgoed moet swaai!

Stephnie ·

Mense soos die moet die dood opgele word en als moet met olie afgebrand word. Hy n siek mens en moet uitgewis word ons kids nie veilig in ons eie huis a nee a

cecilia ·

Dis totaal siek! Hy hoort agter hoe mure en onder toesig!
Sterkte aan die baba en familie.Ons vertrou dat sy volkom sal herstel.

Erika ·

KAP DAARDIE DING WAT HOM SO PLA AF MET ‘N STOMP MES!! Bring die doodstraf terug. Sterkte aan die mamma, familie en veral die baba’tjie.

Anoniem ·

Rasper hom met ‘n lemoenskil rasper, tot stompie en gooi kaas oor mikrogolf tot gaar, en voer dit vir hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.