Oom wat susterskinders verkrag gevonnis

ʼn 21-jarige man is twee lewenslange vonnisse opgelê nadat hy sy twee susterskinders verkrag het.

Die man is Woensdag in die streekshof in Eshowe gevonnis. Die dogters, onderskeidelik sewe en agt jaar oud, is op 13 Maart by die Matsheketsheni-reservaat naby Sundumbili verkrag toe hul ma nie by die huis was nie. Die man is op dieselfde dag as die voorval in hegtenis geneem.

Lt.gen. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale kommissaris in KwaZulu-Natal, het die vonnis verwelkom. “Dit stuur ʼn sterk boodskap aan ander oortreders wat weerlose vroue en kinders teiken,” het sy gesê.

The KwaZulu-Natal provincial commissioner, Lt-Gen Mmamonnye Ngobeni, welcomed the sentence.
“This will send a strong message to other culprits who target vulnerable women and children,” she said.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.