Oom wat weeskind verkrag sit lank

tronkhande1-320x191ʼn 42-jarige man is in die streekshof in Nelspruit drie agtereenvolgende lewenslange vonnisse opgelê nadat hy ʼn weeskind, sy 14-jarige susterskind, in drie afsonderlike gevalle verkrag het.

Die man, wie se naam nie genoem mag word nie om die tiener se identiteit te beskerm, is vroeër vanjaar in Nkomazi, sowat 100km van Nelspruit, in hegtenis geneem. Hy het haar sedert 2011 verkrag.

Hy het van die staanspoor af onskuldig gepleit en regdeur die hofsaak hierby volstaan.

Landdros Rudolf Smith het tydens die vonnisoplegging gesê die man het die meisie twee keer in 2011 verkrag en weer een keer in 2012. “Jy moes van beter geweet het. Sy het jou as ʼn pa-figuur beskou. Jy moes haar beskerm het, maar het haar eerder as jou vrou gebruik,” het Smith gesê.

Smith het gesê weens die meisie se nare ervaring kan sy nie meer voortgaan met haar skoolopvoeding nie. “Die kind het nie meer belangstelling in die lewe nie en ook nie belangstelling in skool nie. Sy het die skool verlaat ná dit wat jy aan haar gedoen het. Sy het niemand meer om na haar om te sien nie. Sy het getuig dat sy jou haat en nooit weer wil sien nie.”

Die meisie het getuig dat sy steeds die fisiese pyn van die beserings wat sy opgedoen het, kan voel. Smith het gesê verkragting van ʼn kind is erger as moord.

Smith het gesê die swaar vonnis moet as ʼn afskrikmiddel dien vir diegene wat hulle aan verkragting skuldig maak. Die man se naam gaan ook op die lys van seksuele oortreders geregistreer word.

– SAPA

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

mari ·

Watter register vir oortreders? Dit word dan nie eers in stand gehou nie! Hoeveel van julle is nou al gatvol vir kamtige ‘oplossings’ wat net goed klink maar nooit ingestel word nie??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.