Oord beboet ná seuntjie se skok-dood

Ruan Pieterse (5) en sy stiefma, Tersia Madelyn. Die foto is geneem etlike minute voor hy doodgeskok is. Foto: Facebook

Stonehaven-on-Vaal naby Vanderbijlpark moet R200 000 opdok nadat ‘n 5-jarige seuntjie, Ruan Pieterse, verlede jaar by die oord deur ʼn springkasteelmotor doodgeskok is.

Beeld het Vrydag berig die oord is dié bedrag beboet nadat die oord skuld erken het van nalatigheid. Die oord is ook aan strafbare manslag skuldig bevind.

Ruan se ma, Yolandi Enslin, het aan Beeld gesê geen bedrag geld sal ooit haar kind kan terugbring nie. “Selfs al was die boete R1 miljoen of R10 miljoen, dit sal hom nie terugbring nie. Dit was alles so onnodig en voorkombaar, as hulle net na hul toerusting omgesien het,” het sy gesê.

Volgens die forensiese ondersoek was die aarddraad in die elektriese prop nie verbind nie. Landdros Willem Strydom het gesê die hoë boete moet as ʼn waarskuwing aan alle eienaars van publieke speelplekke dien om hul speelareas veilig te hou.

Ruan is op 20 Oktober 2012 dood toe hy aan die handvatsel van ’n springkasteel se motor gevat het om hom op te trek nadat hy op die grond geval het. Die motor het hom geskok en hy is op die toneel dood. Sy niggie is ook tydens die voorval beseer. Lees meer hier.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Felicia Erasmus ·

Dit is belaglik, ek kan nie glo dat hulle so ligte boete moet betaal nie. Hierdie plek maak baie geld en hierdie gelde is niks vir hulle nie. Dit gaan seker nie oor die geld, maar hierdie bedrag raak hulle nie eers nie. Hulle moet ‘n bedrag betaal wat hulle elke maand kan herinner aan hulle nalatigheid!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.