Oorlaaide taxi eis sewe lewens

Sewe mense is Maandagoggend dood en 14 beseer na ʼn oorlaaide taxi naby Machadodorp, Mpumalanga, omgeslaan en verskeie kere gerol het.

Volgens Jeffery Wicks, woordvoerder van Netcare911, het die ongeluk op ʼn draai in die Shoemanskloofpad gebeur. “Die taxi-bestuurder beheer oor die voertuig verloor. Die taxi het omgeslaan en verkeie kere gerol.”

Paramedici het die beseerdes op die toneel gestabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is.

Die passasiers was almal van Mosambiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.