Oorledene kry e-tol-rekening

e-tag-296x225ʼn Man wat in Oktober 2012 oorlede is, het ʼn SMS van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) gekry om te sê hy het uitstaande e-tolgelde, berig Beeld.

“Ek het nie geweet of ek moet lag of huil toe ek die SMS (op 30 Desember) kry nie. My pa het twee jaar voor sy dood die laaste keer ʼn motor in sy naam geregistreer gehad,” het Louis Tyler-Scott, seun van die oorledene, aan Beeld gesê. Talle mense het ook hulle besware oor Sanral se e-tol-aanmanings op Facebook te kenne gegee. Een persoon sê haar ma het ʼn SMS gekry dat sy Sanral R380 skuld ondanks die feit dat sy in Limpopo woon en nie ʼn motor besit nie. Volgens Beeld het ʼn ander vrou, Adri Fourie, ʼn e-pos ontvang dat sy R204 skuld. Fourie het op Sanral se webtuiste probeer vasstel waar hulle aan die bedrag kom en gesien ʼn Nissan Xtrail, waarvan die voorste nommerplaat dieselfde registrasienommer as haar Volkswagen Golf het, by die tolhekke afgeneem is. Fourie sê sy het hierna ʼn e-pos aan Sanral gestuur en verduidelik dit is nie sy wat die pad gebruik het nie. “Sanral het my laat weet ek moet dit bewys. Ek weier.”

Die Saturday Star berig intussen dat die Bondgenootskap Teen Stedelike Tol (Outa) besig is om ʼn dossier saam te stel van probleme met die e-tolstelsel waarna dit aan die openbare beskemer oorhandig sal word. Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het padgebruikers intussen versoek om eerder Sanral se inbelsentrum te kontak in plaas van koerante. “Enigiemand wat twyfel oor ons bekwaamheid hoef net na ons nasionale paaie te kyk. Om te herhaal wat president Jacob Zuma gesê het…hierdie is nie Malawi nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Wilma Fourie ·

“Vusi Mona, woordvoerder van Sanral, het padgebruikers intussen versoek om eerder Sanral se inbelsentrum te kontak in plaas van koerante.”
Wat ‘n belaglike versoek! Hoekom? Is hulle bang dat die hele spul se onbekwaamheid gouer aand die lig sal kom? Hoe meer die (wêreld) en publiek van al die belaglikhede te hore kom hoe beter. En wie anders as die media is die beste?

Paul Smith ·

Dit is beslis nie Malawi nie!! Dit is ‘n sirkus wat skrik vir niks waar “Clowns” toertjies uithaal om mense te laat skaterlag. SANRAL probeer selfs die dooies lewend hou om geld uit hulle sakke te roof.

Paul Smith ·

Gee vir hulle die begraafplaas se adres waar die oom begrawe/veras is en se hulle moet die rekening daarheen stuur, hulle kan later ‘n dagvaarding daar gaan aflewer of hom sommer in hegtenis neem. Jammer vir die familie, maar hierdie is die mees belaglikste ding waar ‘n mens aan kan dink, dit laat SANRAL lyk soos ‘n klomp balukas sonder verstand.

Paul Smith ·

Hoe lyk dit met ons skerpskutters, dink julle nie daardie klomp kammeras kan lekker teikens wees nie?

F Marais ·

Lankal daaraan gedink…in die VSA het die motoriste, toe die owerhede van myle na kilometers wou oorskakel, die borde langs die pad flenters geskiet. Die owerhede moes maar bes gee en by myle hou..

johannes vd walt ·

Hierdie regering is besig om ons uit te mergel en ek voel dat dit tyd is om wet in eie hande te neem
staan saam en oefen jul skyfskiet op daardie kammeras

Elsabe ·

O fffffflip, hierdie mense is useless.
Mr Mona, jy het jouself nou net in die voet geskiet. Ook… julle skeld die taxis en busse vry van tol, maar probeer nou die afgestorwenes en nie-besitters van motors aanspreek oor ‘agterstallige’ of skuld van tolgeld.
Waar kry julle jul info van sg motor-besitters en adresse en selno’s????

JD ·

Wys jou net hoe ‘n onnosele stelsel en onnosele uitvoerders van die stelsel werk!!! Hierdie bogenoemde nuusberig is vir my so soet soos heuning!! Wonder hoeveel mense wat gesê het hulle gaan nie skyfies koop nie, het hulle belofte werklik gestand gedoen?

GawieM ·

Ek gaan more die pad vir die eerste keer gebruik, maar sal verseker dit NIE betaal nie.
Mense moet net weier om te betaal en dit sal op die end van die dag misluk. Hulle inkomste sal hulle oorhoofse uitgawes oorskry en bankrot gaan.

Eben ·

Gawie ek weet darem nie … hulle sal die lewendig hou met ONS belasting geld, want onthou dis deel van die sous trein wat ons betaal.

Babs ·

Mens kan mos nou sien wie doen die dinkwerk. Toe die slim ouens nog in beheer was, het ons minder belasting betaal en die paaie was in ‘n goeie toestand. Tolpaaie is net nog ‘n manier om sommige ouens se sakke te vul en steeds gaan daar nie genoeg geld wees om die paaie te herstel.

Danie ·

Sanral kry sy inligting van e-natis,waar alle besonderhede oor voertuie en eienaars gehou word,maar ook van derde partye.Maar dis natuurlik moontlik dat mense met vals en gekloonde nommer plate rondry,so onskuldige mense gaan die rekening kry.Van rekenings gepraat,volgens hul eie wetgewing moet hulle rekenings uitstuur,maar stuur nou eerder n sms of n e-pos,iets wat nie in die hof gaan staan as hulle se dat hulle jou per sms of e-pos ingelig het nie.Hierdie stelsel maak staat daarop dat mense e-skyfies koop,as mense nie e-skyfies gaan koop nie,gaan hierdie stelsel nooit werk nie.Die enigste manier hoe om hierdie geldmaak skema te stop,is om nie e-skyfies te koop nie.Almal moet net saamstaan,dan gaan hierdie stelsel vou.

jj els ·

Mnr Vusi Mona, ek smeek alle padgebruikers met e-tolprobleme om dadelik die media te kontak. Alles kan nie altyd onder die mat ingevee word nie.

Ria Maritz ·

Dis nie net betreurenswaardig nie, maar skandalig ook !

… en UITERS onsensitief om ‘n aanmaning aan ‘n reeds afgestorwe persoon te stuur.

Piet ·

Hierdie begin nou rerig interessant en humoristies te word. Mense wat ‘n skyfie gekoop en geld in ‘n rekening inbetaal het is eintlik gelukkig : Sanral kan glo net die rekeninge leegmaak en dan is dit op. Ek probeer nog uitvind of daar vir firma’s ook ‘n beperking op hulle rekeninge is. Hulle het waarskynlik net een rekening vir karre vir hulle personeel en trokke. Indien Sanral onbeperkte regte het …………… Wag dan net tot Maandag wanneer die firma’s weer na die vakansie oopmaak en sou sien dat Sanral ‘n Kersbonus vir sy personeel gesoek het.
Hierdie hele e-tol stelsel is ‘n klug en hoe meer mense dit so beskou en “aanmanings” eenvoudig gaan ignoreer, hoe gouer gaan dit vou. Laat hulle net soos enige firma wat onbekwaam is, bankrot speel en wanneer dit gebeur het ons miskien en hopelik genoeg opposisie om te voorkom dat die regering weer gaan byspring en uithelp nie. Of sal die spreuk “Die gebruiker moet betaal” dan nie meer geld nie ? Vra maar net

Anonomous ·

Soos die 73 jarige pensioenaris wat nog nooit in haar lewe bestuur het en ook nie eers n voertuig besit wat die sms gekry het….You have overdue e-toll fees in the amount of R209.64 which have been handed over for collection to VPC. Call 0800 SANRAL (726 725) Ref: xxxxxxxxxx ( Ref number is supplied but not given here for the protection of the identity of the person).

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.