Die skepe het sowat 4 000 seemyl van Suid-Amerika af gereis en is onderskeidelik van Uruguay, Brasilië en Argentinië, berig EWN. Drie 11-geweer salute het die skepe verwelkom. Admiraal Hanno Teuteberg het gesê die vloot het multinasionale vlootoefeninge gedurende September en Oktober beplan. “Ons wil seker maak dat die skepe van dié lande, vir verskeie situasies veggereed is,” het Teuteberg gesê. Daar sal glo ook ‘n oorlogsoefenening ter see uitgevoer word. “Ons gaan normale vegoefeninge uitvoer,” het hy bygevoeg. Teuteberg sê hulle beplan ook ‘n gyselaarsoefening saam met Spesiale Magte van alle deelnemende lande. Die oefeninge sal tot en met 9 Oktober voortduur.
Oorlogskepe kom in Simonstad aan
Die Suid-Afrikaanse Vloot het Maandag drie oorlogskepe in die Simonstad-hawe welkom geheet.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!
Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.