Oorlogsmuseum sluit

Foto: mieliestronk.com

Die Suid-Afrikaanse Oorlogsmuseum in Bloemfontein wat fokus op die konflik tussen 1899 en 1902 sal tot Mei 2013 vir die publiek gesluit wees sodat noodsaaklike opgraderingswerk gedoen kan word.

RSG berig die museum, wat die Vrouemonument insluit, word beskou as een van die bestes in Suid-Afrika en lok jaarliks sowat 75 000 mense. Tokkie Pretorius, die direkteur van die museum, sê vandat die museum begin het om ‘n inklusiewe benadering te volg, het die regering geld beskikbaar gestel om die opgradering te befonds.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.