Oorsaak van Glee-akteur se dood bekend gemaak

Cory Monteith

Die oorsaak van Cory Monteith, ster van die televisiereeks, Glee,is Woensdag bekend gemaak.

‘n Lykskouer in British Columbia het aangekondig dat Monteith dood is aan ‘n oordosis heroïen en alkohol, berig BBC.

Die 31-jarige Kanadees, wat Finn Hudson op die program vertolk het, is Saterdag dood aangetref in ‘n hotelkamer in Vancouver. Die lykskouer het gesê daar is geen bewyse dat die dood “enigiets behalwe ‘n tragiese ongeluk” is nie.

Monteith is in April vir dwelmverslawing behandel.

Dit wil voorkom of die akteur alleen in die kamer was, aangesien die hotel se video- en elektroniese rekords aandui dat hy Saterdagoggend vroeg alleen in die kamer in is. Personeellede het ondersoek ingestel toe hy op 13 Julie omstreeks 12:00 nog nie uitgeboek het nie. Hy het in daardie stadium vir ‘n week lank in die hotel gebly.

Die polisie sê hulle glo Monteith was reeds ‘n paar uur dood voordat sy liggaam opgespoor is.

Lea Michele, Monteith se meisie, wat saam met hom in Glee gespeel het, het ‘n verklaring uitgereik waarin sy sê dat sy “baie dankbaar is vir al die liefde en ondersteuning wat sy van familie, vriende en aanhangers ontvang het”.

Die vyfde seisoen van Glee begin na verwagting op 19 September op Amerika se Fox-uitsaaikanaal.

Lees ook:
Hollywood-akteur dood gevind

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.