Oorsaak van Kaapstad-fietsryer se dood onbekend

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Fietsryer is Donderdag in die hospitaal dood verklaar nadat hy in Democracyweg in Milnerton aangetref is.

“ER-paramedici het omstreeks 07:25 op die oproep reageer en die fietsryer langs die kant van die pad aangetref,” het Russell Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Hy het geen tekens van lewe getoon nie.”

Meiring sê paramedici het dadelik noodbehandeling op die pasiënt toegepas en hy is na Somerset-hospitaal geneem, waar hy later dood verklaar is.

Die oorsaak van die man se afsterwe is onbekend en die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.