Oorskot van Mandela-kinders weer opgegrawe

Foto: @ZimMacingwane/Twitter

Die oorskot van drie van oudpresident Nelson Mandela se oorlede kinders is Woensdagaand gevind nadat die polisie ʼn pik gebruik het om die hekke na Mandela se kleinseun Mandla se woning oop te breek om die oorskot op te grawe.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê die drie se oorskot is in ʼn ongemerkte area gevind en na die lykshuis geneem om uitgeken te word. Dit is gedoen nadat regter Lusindiso Pakade Woensdag beslis het dat Mandla se aksies “skandalig” en “boos” was en dat die oorskot van Mandela se drie oorlede kinders teruggeskuif moet word van Mvezo na Qunu. Mandla het die oorskot van sy pa en Mandela se oudste seun Makgatho Mandela, Mandela se eerste dogter Makaziwe Mandela en Mandela se tweede oudste seun Madiba Thembekile in 2011, sonder die goedkeuring van die familie, van Qunu na Mvezo geskuif. Mandla sal vandag ʼn mediakonferensie hou in Mvezo.

Oudpres. Mandela in intussen steeds in ʼn kritieke maar stabiele toestand in die hospitaal nadat hy op 8 Junie vir ʼn voortdurende longkwaal opgeneem is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.