Oorwinning vir Springbokke in Drienasies-reeks verlore

Springbok-afrigter Peter de Villiers sê ʼn oorwinning in die Drienasies-reeks is nie meer vir sy span beskore nie.

Dit was in reaksie op die Springbokke se nederlaag van 40-7 deur die All Blacks Saterdag. Die Springbokke het nog twee wedstryde teen die All Blacks en Australië oor in Suid-Afrika. Volgens De Villiers was die Springbokke se vertoning ietwat beter teen die van verlede naweek teen Australië. Hy meen egter die Springbokke se onvermoë om besit te hou was weer die span se ondergang. Die Bok-kaptein John Smit meen die span se verdediging was die spyker in die doodskis. De Villiers sal die week sy groep vir die tuiswedstryde aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.