Oos-Kaap ANCYL verontagsaam “Skiet die boer”-beslissing

Die leier van die ANC-jeugliga in die Oos-Kaap, Ayanda Matiti, het ʼn hofbeslissing verontagsaam deur die lied “Skiet die boer” te sing vir meer as 5 000 mense.

Volgens ʼn berig in die Sowetan het Matiti die lied gesing tydens Sondag se ANC vieringe in Queenstown. Die LUR vir plaaslike regering, Milbo Qoboshiyane, het egter die mikrofoon by Matiti gevat terwyl hy steeds besig was om dit te sing. Qoboshiyane het Matiti daarop gewys dat die “kwessie van die lied” steeds voor die howe is. Matiti het voor hy die lied begin sing het verwys na ʼn voorval waar ʼn wit man na bewering ʼn swart man doodgeskiet het na ʼn argument oor die ANC-jeugligaleier, Julius Malema. AfriForum het reageer op die voorval deur te sê Matiti het opgetree in verontagsaming van die wet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.