Oos-Kaap man sterf in trekker-ongeluk

Argieffoto

ʼn 56-jarige man is Donderdagaand op ʼn plaas naby Uitenhage in die Oos-Kaap dood toe sy baadjie aan die dryfas van ʼn trekker vasgehaak het.

Ao. Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê die man was besig om insekdoder in boorde te spuit, toe hy ʼn probleem met die sproeier ondervind het. “Hy het die trekker gestop om te kyk wat die probleem is, terwyl hy die enjin laat luier het,” het Swart gesê. Sy sê die man se baadjie het aan die dryfas vasgehaak en dit het hom ingetrek. “Die man is op slag dood,” het Swart gesê.

Die naam van die man is nog nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Seg Net ·

Dit kan net boy se kind wees. Het gesien die spoor lê daar en gedink die trein is verby.

Willy ·

Maar as die trekker stilstaan dan draai die dryfas mos nie of het hy dit probeer diens so in die beweeg. Kan dit verwag.

Seg Net ·

Willy nee die trekker se dryfas staan stil maar agtrer is daar ‘n onafhanklike dryfas wat aan gekoppel word om toerusting soos ‘n hamermeul, spreiers, spuit toerusting of enige ander toestel vat aangedrewe moet word te koppel. Dit het ‘n heel aparte ratkas ook.
Op die prent hierbo sal jy sien vanaf bo punt van die blou toerusting gaan daar ‘n as na die agterkant van die trekker toe wat gekoppel word aan die dryf as.

Willy ·

O okei dankie vriend Seg. Nou verstaan ek. So uit die boer se mond né haha. Is dit wat ons as kinders die “Pietman” genoem het? Ek weet my oorlede pa het ‘n Land Rover gehad wat ook so iets gehad het.

Kaspaas ·

Tragies. Nou gaan die (wit) plaaseienaar seker weer verantwoodelik gehou word.

Paul ·

Sou julle sê as dit die boer self was dat dit ‘n ongelooflike, afgryslike tragedie is, maar nou dat hy nie wit is nie verheug julle, julle daarin. Watter veiligheidsmaatreëls was daar om te verseker dat daardie dryfas nie oop en bloot gebruik word nie. Mag daardie boer verantwoordelik gehou word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.