Oos-Kaap man vas vir moord

handcuffs3-320x257‘n 21-jarige man is Sondag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n man verskeie kere met ‘n skerp voorwerp doodgesteek het.

Kapt. Jackson Manatha, ‘n polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die verdagte het glo die 29-jarige slagoffer tydens ‘n tradisionele seremonie in Mgagasi Village in Butterworth vermoor.

“Polisiebeamptes wat nie aan diens was nie en wat die seremonie bygewoon het, is oor die voorval ingelig. Hulle het die man agterna gesit,” het Manatha gesê.

Die beamptes het die verdagte in ‘n taxi buite Butterworth vasgetrek. Hy wou glo na Johannesburg vlug. Die verdagte sal na verwagting Dinsdag in die Butterworth-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.