Oos-Kaap paramedici staak

Argieffoto

Paramedici in die Oos-Kaap staak, het die departement van gesondheid in dié provinsie Dinsdag gesê.

Hul eise sluit betaling vir oortyd en ʼn prestasiebestuurstelsel in, het Siyanda Manana, woordvoerder vir die departement gesê. “Sicelo Gqobana [LUR van gesondheid] het ʼn taakspan aangestel om die betalingsprobleem binne die departement te ondersoek,” het Manana gesê. Privaat ambulansdienste is ook versoek om tydens die staking te help. Die departement het Maandag meer as 60 ambulanse ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.