Oos-Kaapse botsing eis sewe ná begrafnis

Sewe mense is dood en twee ernstig beseer nadat twee voertuie reg van voor teen mekaar naby Queenstown in die Oos-Kaap gebots het.

Tshepo Machaea, ʼn woordvoerder van Arrive Alive, het Maandag gesê die ongeluk het Saterdag op die pad tussen Tarkastad en Queenstown plaasgevind.

“ʼn Toyota Avanza met agt insittendes het reg van voor teen ʼn Isuzu-bakkie gebots. Sewe mense wat in die Avanza was, is op die toneel dood verklaar. Een van die Avanza se passasiers en die bestuurder van die bakkie is ernstig beseer en na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Machaea gesê.

Volgens Machaea is vier van die oorledenes van dieselfde familie. Die mense in die Avanza was op pad huis toe na ʼn begrafnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.