Oos-Kaapse gesin met vuurwapen aangehou, beroof

ʼn Gesin van die Oos-Kaap is Dinsdagoggend in hul huis naby Oos-Londen met ʼn geweer aangehou en beroof.

Kapt. Stephen Marais, ʼn polisiewoordvoerder, sê die gesin het in hul plakkershuis in Kayser’s Beach geslaap toe drie onbekende mans hul huis binnegestorm en hulle met ʼn vuurwapen en messe aangehou het. “Die verdagtes het met ʼn onbekende bedrag geld en juwele van die toneel gevlug,” het Marais gesê. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.