Oos-Kaapse man doodgesteek

ʼn Man van die Oos-Kaap is Sondag met ʼn skerp voorwerp doodgesteek in sy huis in Jeffreysbaai.

Volgens ao. Gerda Swart, ʼn polisiewoordvoerder, het Vusumuzi Martins (37) en sy vriendin in die vroeë oggendure wakker geword van ʼn harde klop aan die deur van hul huis in Ocean View. “Martins het gaan ondersoek instel. Die volgende oomblik het sy vriendin hom om hulp hoor roep. Sy het hom in ʼn plas bloed op die vloer gevind. Hy het ʼn steekwond in sy bors gehad,” het Swart gesê.

Dit is nog nie bekend wat die motief vir die moord is en of enigiets uit die huis vermis word nie. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.