ʼn Oos-Kaapse polisiebeampte is Dinsdag dood in ʼn skermutseling in Elliotdale.
EWN het Donderdag berig die adjudant-offisier en ʼn kollega het Dinsdag op ʼn rooftog by ʼn winkel reageer, toe die skietery tussen die twee beamptes en drie rowers begin het.
Die polisiebeampte en een van die rowers is op die toneel dood.
Twee van die verdagtes het met ʼn onbekende hoeveelheid geld gevlug en is steeds soek.