Oos-Kaapse trompopbotsing eis twee

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense is dood en drie het ernstige beserings opgedoen nadat twee voertuie reg van voor teen mekaar op die N2-deurpad gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare911, het Maandagoggend gesê die ongeluk het Sondag omstreeks 18:30 tussen Port Elizabeth en Grahamstad plaasgevind. ʼn Motor en ʼn bakkie het teen mekaar gebots.

“Al twee voertuie is deur die impak verwoes en daar was mense in die wrakke vasgekeer. Twee mense in die bakkie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Twee Duitse toeriste en nog ʼn vrou het ernstige beserings opgedoen,” het Botha gesê.

Die mense is uit die voertuie gesny en op die toneel gestabiliseer, voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.