Openbare Beskermer gaan e-tol ondersoek

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, gaan ʼn voorlopige ondersoek van stapel stuur oor die e-tolstelsel.

Kgalalelo Masibi, woordvoerder vir haar kantoor, het Vrydag bevestig dat hulle voorlopig ondersoek sal instel oor die klagtes wat ontvang is oor tender onreëlmatighede met Gauteng se e-tolstelsel. Sy sal bewerings van ʼn “onbehoorlike verhouding” tussen Sweedse maatskappye wat glo in die wapentransaksie betrokke was en die Oostenrykse maatskappy Kapsch TrafficCom ondersoek. Na dié voorlopige ondersoek sal sy kan bepaal of ʼn formele ondersoek ingestel moet word.

Die e-tolstelsel is intussen opgeskort en die hoof uitvoerende beampte, Nazir Alli het Maandag bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.